Wie met vuur speel

Ikarus
Bok av Deon Meyer
Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! By 'n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en na 'n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad moet kruis met die van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oe, opgelei deur die agente van die semi-militere Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas - hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As die kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die "e;liasseerkabinet van die dood"e; ooptrek.